Ons almal weet hoe belangrik dit is om ons vel mooi te versorg, maar vergeet baie maal van ons nek-area. Daarom kan dít vinniger tekens van veroudering wys. Wend soggens en saans al die produkte wat jy aan jou gesig smeer, sommer aan jou nek-area ook! Só sal jy nooit vergeet om hierdie deel van jou lyf te versorg nie.

Kliek hier vir wenke oor hoe jou skoonheidsroetine en jou oefenprogram bymekaar moet pas.

Probeer ’n spesiale masker, soos die Skin Republic Neck + Décolletage Repair  (R46 by Red Square, Edgars en Dis-Chem) as jy dink jou nek-area het spesiale aandag nodig.

Olay Regenerist Daily 3 Point Treatment Cream (R330) is spesiaal ontwikkel vir jou gesig én nekarea.