Soos die jaar sy einde nader, het jy soveel meer om te doen met al minder tyd. En soms is jou velsorg- of skoonheidsroetine die eerste wat jy afskeep. Die SARIE-skoonheidspan deel hiér hul gunsteling-skoonheidsprodukte vir jou kas of handsak in die feesseisoen.

1. Meerdoelige produkte

Wanneer dit kom by ’n vereenvoudigde skoonheidsroetine, is jou nommereen-geheim om veeldoelige produkte te kies. Gelukkig is daar deesdae ’n magdom skoonheidsprodukte beskikbaar wat meer as een funksie verrig. Kies vir jou ’n staatmaker-produk wat jy soggens in ’n kits kan aanwend en wat jou heeldag lank sal hou.

  • L’Oréal Visible Lift Serum Absolute SPF 17 in Sand Beige (R110)
  • Max Factor Face Finity All Day Flawless 3 in 1 Foundation SPF 20 in Warm Almond (R185). By Clicks
  • Estée Lauder DayWear Sheer Tint Anti-Oxidant Moisturizer SPF 15 (R660)
  • Nip + Fab Instant Radiance Wrinkle Fix Daily Facial Moisturiser (R335)

Watter impak het mode op jou lyf? Lees meer hiér

2. Klein en kompak

In die vakansieseisoen is jou dae soms propvol aktiwiteite, uitstappies en kuier-tye. Vir dae soos dié is klein en kompakte skoonheidsprodukte perfek. Kies produkte wat maklik in jou handsak pas wat jy orals saam met jou kan dra.

  • Bobbi Brown Skin Foundation Stick in Warm Sand (R450)
  • Maybelline Baby Lips Electro Moisturising Lip Balm (R30 elk)
  • Rimmel Scandal Eyes Eye Shadow Stick in Paranoid Purple (R90)
  • Nivea Sun Pocket Size SPF 30 (R50)

3. Vir noodgevalle...

’n Lewensredder-produk vir daardie moeilike dae is altyd ’n moet-hê. Ons gunstelinge sluit in ’n verbloemer, reinigingslappies en ...

  • Revlon Age-Defying Dark Spot Concealer (R138)
  • Johnsons' Hydration Essentials Cleansing Wipes (R48)
  • Bioderma Sensibio H2O Cleanser (R190)
  • TRESemmé Instant Refresh Dry Shampoo (R63)

Sorg só vir somerhare

4. Kits-produkte

Min tyd en ingewikkelde produkte staan soms in die pad as jy jou voorkoms moeiteloos van dag na aand wil aanpas. Hiér sal kits-produkte wat jy maklik voor ’n aand uit kan aanwend, die truuk doen.

  • Clinique Chubby Stick Baby Tint Moisturizing Lip Colour Balm in Poppin’ Poppy (R230)
  • Avon Speed Dry + Nail Enamel in Smoky Plumes (R100)
  • Clarins Multi-Blush Cream Blush in Rosewood (R300)
  • Palmer’s Rapid Moisture Spray Lotion (R95). By Clicks

Blaas nuwe lewe in jou velsorgroetine - lees meer!