Dis ’n probleem waarmee baie vroue sukkel – oogskadu wat ná ’n uur se dra onder jou oë gaan lê! Dis gewoonlik as gevolg van los poeier wat ondertoe val wanneer jy jou ooglede beweeg en knip. Gelukkig kan jy dié probleem maklik oplos.

Neem ’n paar sekondes nadat jy oogskadu aangewend het om jou oë styf toe te knyp. Dit sal die los poeier van jou ooglede afskud. Nou kan jy ’n oorstokkie gebruik om al die grimering wat onder jou oë lê, versigtig af te vee.