Tydens en ná puberteit vervaardig jou vel meer sebum wat daartoe lei dat jou porieë groter lyk. Hoewel jy nie jou porieë kleiner kan maak nie, kan jy die sigbare voorkoms daarvan verminder. Kyk uit vir ’n afskilferaar (gebruik dit so twee maal per week) en reiniger wat salisielsuur bevat. Dié bestanddeel maak jou porieë van diep binne skoon. Probeer ook om een keer ’n maand vir ’n velbehandeling te gaan wat ook diep binne jou porieë werk.