Dit is iets wat ons almal doen: om jou maskara-borsel ’n paar keer in en uit die buisie te 'pomp' voordat jy dit aanwend. Maar dis juis dié gewoonte wat maak dat jou maskara vinnig uitdroog, want jy pomp so lug in die buisie in. Druk die borseltjie net een keer in die buisie en trek dit uit voordat jy dit gebruik. Daar sal steeds genoeg maskara op die borseltjie wees om jou wimpers te bedek.

Lees die ander wenke vir vandag hier: