Jou wimpers sal baie meer volume hê as jy jou maskara van teenaan die wortels tot by die punte aanwend. Maar dít is makliker gesê as gedaan. Volg hierdie wenk van Will Malherbe, opleidingsbestuurder en grimeerkunstenaar van Smashbox, om dit reg te kry:

Hou ’n grimeerspieëltjie teen jou bors, kyk af na die spieëltjie en lig jou ken effens sodat jy jou neusgate sien. Hou jou kop stil terwyl jy jou maskara aanwend. As jy dit uit hierdie hoek doen, kom die borsel maklik tot teenaan jou wimper-wortels.