Sy is een van vele bruide wat hul droomtroue moes uitstel weens die Covid-19-pandemie. Maar op 17 Julie om 11:00 het die Britse koninklike in ’n klein kapel met haar geliefde, Edoardo Mapelli Mozzi, getrou. Beide koningin Elizabeth (94) en prins Philip (99) was by die intieme seremonie. Die res van die 20 gaste was ook familie, berig Daily Mail.

Die koningin het vir prinses Beatrice ’n baie spesiale tiara vir die dag geleen - die einste tiara wat sy op haar troudag in 1947 gedra het: die George III-tiara, ook bekend as die Russian Fringe. En die trourok? Dis pure vintage en kom ook uit die koningin se klerekas: die pragtige rok wat sy in 1962 na die première van die David Lean-rolprent Lawrence of Arabia gedra het.

FOTO Instagram / The Royal Family
FOTO Instagram / The Royal Family

Oor die jare het talle koninklike troues voor ons oë afgespeel. Klim saam met ons op die onthou-trein - klik hier.