In 1953 het die Britse skrywer en voormalige intelligensieoffisier, Sir Ian Fleming, die spioen-roman Casino Royal neergepen. Dis in hierdie einste verhaal waarin die Britste agent 007, oftewel James Bond, vir die eerste keer verskyn het. Met sy sjarme het hy vroue se knieë lamgemaak, met sy intelligensie het hy skurke ’n les of twee geleer. 

Die Skot Sean Connery was die eerste akteur om hierdie karakter op die silwerdoek te vertolk. Die rolprent? Dr. No (1962). Sewe akteurs sou daarna in sy spore volg. En sedert 2005 teug die Britste akteur Daniel Craig aan Bond se ikoniese dry martini. Hy sal met No Time To Die (2020) vir die laaste keer James Bond speel. 

View this post on Instagram

A post shared by James Bond 007 (@007) on

Nou is Hollywood opsoek na hul nuwe 007. En een van die grootste voorlopers is Henry Cavill, wat bekend is vir sy rol as DC-held Superman in Man of Steel (2013), Batman vs Superman: Dawn of Justice (2016) en Justice League (2017).

View this post on Instagram

A post shared by Henry Cavill (@henrycavill) on

In ’n GQ-onderhoud het Henry verklap dat hy daarvan sal hou om die gatskop spioen te vertolk. Kort op sy hakke is name soos Idris Elba, Tom Hardy, Tom Hiddleston en Sam Heughan. 

Wie is die beste Bond?

In ’n onlangse peiling deur Radio Times is Sean Connery aangewys as die beste Bond van alle tye. In tweede plek is Timothy Dalton en in derde plek is Pierce Brosnan.