Elma Postma, Angelique Gerber, Nadia Beukes, Minki van der Westhuizen en Leah. Oor die jare het hierde vyf vroue oor die land heen gereis om kupido te speel vir verskeie Suid-Afrikaanse boere. Daar was liefde gevind in die Vrystaat, Limpopo, Noord-Kaap en selfs die Wes-Kaap. Boer Tikkie, boer Hennie, boer Johan, boer Fanie, boer Gerrie en boer Adriaan is net van die manne wat danksy die realiteitsreeks Boer soek ’n vrou liefde gevind het.

Gister is daar aangekondig dat ’n nuwe aanbieder die leisels by sangeres Leah oorneem: Marciel Hopkins. Sy is ’n motiveringsspreker en internasionale model wat ook drama studeer het by Stellenbosch Universiteit. Dié nuweling is reg vir die nuwe seisoen en het op Instagram geskryf: “Ek is uit my vel van opwinding oor hierdie nuwe avontuur en ek is super dankbaar vir die geleentheid. Dankie dat julle my met hierdie groot verantwoordelikheid vertrou kykNET!”

View this post on Instagram

A post shared by Marciel Hopkins (@marcielhopkins) on

Marciel het groot voetspore om te vul, maar dit lyk of sy beslis die vorige aanbieders te ondersteuning het. Sy het ’n foto gedeel waar sy saam met Elma Postma, Angelique Gerber en Nadia Beukes kuier. 

View this post on Instagram

A post shared by Marciel Hopkins (@marcielhopkins) on

Kan jy die vorige 5 aanbieders onthou? Loer hier en lees hulle raad vir volgende Boer soek ’n vrou-aanbieders:

ELMA POSTMA

Seisoen 1 (2008), Seisoen 2 (2009), Seisoen 3 (2010)

Elma Postma in SARIE se Junie 2009-uitgawe
Elma Postma in SARIE se Junie 2009-uitgawe FOTO Clinton Lubbe

Elma Postma het vir sewe jaar die rol van Dezi in 7de Laan vertolk, tot sy die sepie in 2007 verlaat het om Ontbytsake aan te bied. In 2008 kom die nuus: ’n Nuwe realiteitsprogram, Boer soek 'n vrou, begin op kykNET. En die aanbieder wat die land gaan deurkruis om die 10 deelnemende boere te help om liefde te vind? Elma Postma!

Sy was vir drie seisoene die program se aanbieder. Toe sy klaarmaak, het sy dié raad vir haar opvolger gehad: “Wees jouself en geniet elke oomblik. Die pragtige natuur en vars lug is wonderlik,” het sy aan Huisgenoot gesê. “Maar jy sal moet sterk wees om nie al die heerlike kos te eet wat die vriendelike mense vir jou voorsit nie, want glo my, die boere kan lekker kos maak!”

ANGELIQUE GERBER

Seisoen 4 (2011), Seisoen 5 (2013), Seisoen 6 (2014)

Angelique Gerber in SARIE se Julie 2010-uitgawe FOTO Clinton Lubbe
Angelique Gerber in SARIE se Julie 2010-uitgawe
Angelique Gerber in SARIE se Julie 2010-uitgawe FOTO Clinton Lubbe

Angelique Gerber, toe bekend as Clara van 7de Laan, het in 2011 by Elma oorgeneem. “Om te sien hoe die boere liefde vind was die lekkerste. Álmal huil, want jy het die pad gesien wat die paartjie stap. Dis eintlik bittersoet ... Die ander deelnemers moet seerkry sodat een paartjie geluk en liefde vind,” het Angelique in 2014 aan SARIE.com oor haar ervaring vertel.

“Dís ook wat vir my die moeilikste was ... as ek sien ’n meisie is regtig verlief op haar boer en dan kies hy haar nie. Of hy verloor sy hart op die meisie en sy sê nee.” 

NADIA BEUKES

Seisoen 7 (2014), Seisoen 8 (2015)

Nadia Beukes in SARIE se Julie 2015-uitgawe FOTO Leana Clunies-Ross
Nadia Beukes vir SARIE se Julie 2015-uitgawe
Nadia Beukes vir SARIE se Julie 2015-uitgawe FOTO Leana Clunies-Ross

In 2014 word Nadia Beukes, wat ons in Getroud met rugby as Iva leer ken het, die nuwe aanbieder. “Ek is eintlik ’n boeremeisie wat in die stad bly, maar ek sien baie daarna uit om terug te keer na my wortels,” het Nadia destyds aan SARIE.com gesê. “Dis een van die grootste avonture in my loopbaan.”

MINKI VAN DER WESTHUIZEN

Seisoen 9 (2016), Seisoen 10 (2017)

Minki van der Westhuizen in SARIE se Maart 2017-uitgawe FOTO Leana Clunies-Ross
Minki van der Westhuizen in SARIE se Maart 2017-ui
Minki van der Westhuizen in SARIE se Maart 2017-uitgawe FOTO Leana Clunies-Ross

In 2016 neem Minki van der Westhuizen oor as aanbieder. Hoewel bekend as internasionale model, was sy beslis nie ’n nuweling op die kassie nie. Vanaf 2007 tot 2009 was sy mede-aanbieder van die SABC2-leefstylprogram Pasela. “Volg jou hart, nie jou kop nie,” was Minki se liefdesraad aan die boere in SARIE se November 2017-uitgawe. 

LEAH

Seisoen 11 (2018), Seisoen 12 (2019)

Leah in SARIE se November 2018-uitgawe FOTO Willem Lourens
Leah in SARIE se November 2017-uitgawe
Leah in SARIE se November 2017-uitgawe FOTO Glen Montgomery

Die sangeres Leah neem in 2018 die leisels by Minki oor. Voor dit het sy een van die hoofrolle in die fliek Susters vertolk. “Ek weet ek het groot skoene om vol te staan, maar is nie bang vir ’n uitdaging (of ’n bees, skaap of boer) nie,” het sy dapper in 2018 vertel. Leah het met die finale episode van Boer soek 'n vrou 12 aangekondig dat sy die reeks groet. 

Wie dink jy moet die volgende aanbieder van Boer soek 'n vrou wees? Gaan na SARIE se Facebookblad en deel jou stem!