Die TV-program Hilde se hartsklankevolg Hildegardt Whites week ná week terwyl sy haar eerste album opneem. Sy besoek 13 dorpies langs die Weskus en in die Noord-Kaap – daar waar haar wortels lê – en vind plaaslike musikante om haar te help om haar hartsklanke in 30 dae op te neem.

Hierdie week is Hilde en die span op Kenhardt waar sy met die Kenhardt Snare Orkes musiek sal maak. “Hier in Kenhardt is bare klip en woestynagtige landskappe, maar as jy mooi kyk is dit beskilderde rotse en grotmure wat die San-mense se stories vertel,” sê Hilde. “Die mense van Kenhardt is warm en die musiek verwelkom my gevange hart. Hier gaan ons musiek maak.”

Hilde en haar span ontmoet die orkes en luister na hul klanke voordat sy besluit of dit haar hartsnare roer. Dit verg egter nie baie om haar te oortuig nie, want kort ná die eerste noot besef sy: Hiérdie is haar musiek. Sy en die orkes gesels ’n bietjie oor die spesifieke klank wat hier op Kenhardt is. “Toe julle nou-nou begin speel, kon ek sommer hoor dis daardie spesifieke klank wat jy nie meer vandag kry nie,” vertel Hilde.

HH_S1E9 (4)

Die orkes help Hilde weer lewe gee aan die liedjie "Xabara", wat Hilde se man, Kuba Silkiewicz, geskryf het. Ná haar ontmoeting met die orkes het Hilde weer opnuut uitgesien na die opname van die liedjie. “My hart bokspring met die wete dat "Xabara" môre gaan kook,” sê sy. Van die instrumente waarmee die Kenhardt Snare Orkes speel sluit in die banjo, klawerbord, kitaar, kontrabas en trekklavier. Die orkes voer veral gesange op en dis juis om hierdie rede dat Hilde besluit het om "Xabara" op Kenhardt op te neem.

Hier in die groen Kalahari vang Hilde haar eie skaap en die hele dorp leen vir hulle gloeilampies en gordyne om die kerksaal te omskep vir die opname.

HH_S1E9

Vir die volle musiekvideo en om die Kenhardt Snare Orkes beter te leer ken, gaan na Afrikaans.com.

Nuwe episodes vanHilde se hartsklankewys elke Woensdagaand om 20:00 opVia(DStv-kanaal 147) en word Saterdagaande om 21:00 en Sondagoggende om 09:00 herhaal.

VIA_FB_Hilde se hartsklanke