Media24 se splinternuwe TV-kanaal VIA op DStv-kanaal 147 is dié kanaal om te kyk. Hier is die spinternuwe programme wat vandag wys.

Woensdag, 11 November op VIA

16:00 - Jy het ’n Wenresep! - Eerste plek in die kombuis via Carmen die kosghoeroe. Drie hoopvolle kokke spook dit uit sodat die ikoniese HUISGENOOT-kosredakteur Carmen Niehaus vir een van die geregte die gesogte Wenresep-status kan gee.

Herhaal - 19:00, 22:00, 01:00, 04:00, 07:00, 10:00, 13:00

16:30 Die eet oorlog - ’n Wil-my-nie-doodskaam-strandlyf via ’n 30-dae-kosoorlog. Drie die¨te. Drie dapper vroue. En ’n 30-dag-geveg teen vetrolle. Deelnemers wroeg en weeg dag na dag met die hulp van ’n span kenners om in hul nuwe baaikostuums te kan pas.

Herhaal - 19:30, 22:30, 01:30, 04:30, 07:30, 10:30, 13:30

17:00 Maak my nuut - ’n Nuwe jy via jou ou vriendinne. ’n Groep neem hul lewensmoee¨ maat onder hande. Dit gaan nie net oor optof en mooi lyk nie – saam bekyk hulle ook haar vergete drome en verroeste talente. Is hul planne genoeg om haar oe¨ weer te laat blink?

Herhaal - 20:00, 23:00, 02:00, 05:00, 08:00, 11:00, 14:00

17:30 Hartskos - Elmarie se sielkunde via lewer-en-netvet. ’n Maaltyd kan ’n duisend dinge se^: Ek is jammer, ek mis jou of selfs trou met my. Sielkundige en kok Elmarie Claassens help ’n kombuis-leek om ’n ete vir ’n besonderse geleentheid te maak.

Herhaal - 20:30, 23:30, 02:30, 05:30, 08:30, 11:30, 14:30

18:00 Die Kliek - Manvang-manewales via die romantiese hofnar Schalk. Jou pasmaat is dalk net ’n klik weg. Die vroue is in beheer en die mans moet bei¨ndruk. Komediant Schalk Bezuidenhout skerts terwyl hulle besluit of een van die ouens die klik werd is!

Herhaal - 21:00, 00:00, 03:00, 06:00, 09:00, 12:00, 15:00

via tv