Televisiespanne, topfotograwe, ’n reuse-ateljee, tydskrifonderhoude, sosiale media, haarbederwe, gesigbehandelings, grimeer- en parfuumwerksessies, mekaar leer ken, vroeë oggende, laat aande, ’n gejaag, ’n gewag, spanning, blydskap, teleurstelling, verrassing ... al dié dinge en emosies het SARIE se 10 Voorbladgesigfinaliste in ’n kort ruk beleef.

En in SARIE se September-uitgawe is hulle nou: elk individueel gestileer om ’n deel van hul persoonlikheid weer te gee.

Ons deel op SARIE.com elke Voorbladgesig-finalis individueel. In die artikels verklap hulle iets van hulself – die pad wat hulle al gestap het, ook dít wat hulle inspireer en laat droom ... waaronder SARIE se Oktober-voorblad! 


Anya-Larissa Botha

Anya-Larissa (20), ’n dramastudent van Malmesbury, het in Desember 2017 Mej. Hartenbos gewen. Deel van haar kroon was ’n plek in SARIE Voorbladgesig se top-40. Haar plek in die top-10 was egter ’n groot verrassing, en baie welverdiend.

Hier antwoord die borrelende donkerkop ’n paar blitsvrae:

Verhouding met skoolliefde Beste eienskappe “My bene; dis 12 jaar se ballet” Bewonder “My ma en aspekte van verskillende vroue” Gunsteling-kledingstuk Winterjas Top-fliek Jackie Bungee/kos “Ek bederf my gesin met kaaskoek!” Beste gereg Huiskos Parfuum Montblanc Lady Emblem L’Eau

FOTO: Leana Clunies-Ross

Wat maak jou bang van die toekoms? Die onsekerheid, maar dít kan ook jou drome vlerke gee.

Grootste struikelblokke? Ek was teruggetrokke en bang vir mislukking en dit het my weerhou van baie. My ma het my help oorwin.

Hoe voel jy oor jou hare? Dis my kroon! Ek het nog nooit my hare gekleur of kort gesny nie.

Wil jy reis? Ja, want dit verbreed jou perspektief op die lewe.

Inskryffoto

Só is sy Voorbladmooi ...

INOAR Haar hare is gewas met die Gengibre-reeks om olierigheid op die kopvel teen te werk, en haar droë haarpunte is bevog met ’n Argan Oil Shock Treatment.

KALAHARI Die Facial Cleanser se bevogtigende jeltekstuur is perfek vir haar veltipe; asook alle velsoorte.

ISA CARSTENS AKADEMIE Elke finalis het ’n bevogtigende gesigbehandeling ontvang. Ná reiniging en afskilfering met ligte vrugtesure is die gesig, oë en lippe behandel met maskers vol aktiewe bestanddele vir ’n gesonde, stralende gelaat.

FOTO: Leana Clunies-Ross

SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady EmblemINOARIsa Carstens AcademyKalahari en kykNET.

Maak seker jy kyk elke Dinsdag om 17:30 na SARIE Voorbladgesig op kykNET.