Televisiespanne, topfotograwe, ’n reuse-ateljee, tydskrifonderhoude, sosiale media, haarbederwe, gesigbehandelings, grimeer- en parfuumwerksessies, mekaar leer ken, vroeë oggende, laat aande, ’n gejaag, ’n gewag, spanning, blydskap, teleurstelling, verrassing ... al dié dinge en emosies het SARIE se 10 Voorbladgesigfinaliste in ’n kort ruk beleef.

En in SARIE se September-uitgawe is hulle nou: elk individueel gestileer om ’n deel van hul persoonlikheid weer te gee.

Ons deel op SARIE.com elke Voorbladgesig-finalis individueel. In die artikels verklap hulle iets van hulself – die pad wat hulle al gestap het, ook dít wat hulle inspireer en laat droom ... waaronder SARIE se Oktober-voorblad!

FOTO: Instagra / @chaneventer18

Chané Venter

Chané Venter (20) werk by ’n familiebesigheid in Bloemfontein. Die beeldskone SARIE Voorbladgesig-finalis is beslis die Rosestad se gunsteling-deelnemer! Ontmoet haar hier:

FOTO: Leana Clunies-Ross

Enkellopend en gelukkig Beste eienskappe “Bruin oë en my humorsin” Bewonder “Ellen DeGeneres; haar hart is mooi” Top-fliek Titanic Bungee/lees “Ek hou van dinge wat my hart vinniger laat klop” Beste gereg Stukkie steak Parfuum Montblanc Lady Emblem Elixir

Hoe maak jy SA beter? Deur die omgewing skoon te maak en na ons natuurlewe om te sien.

Jou inspirasie? Swemmer Natalie du Toit, want sy’t gewys struikelblokke is geen rede om jou drome prys te gee nie.

Hoekom dra jy parfuum? Dit gee my dadelik selfvertroue.

Grootste lewensles? Geluk begin by jouself en nie by ander nie.

Drome vir jou loopbaan? Ek wil die familiebesigheid se naam hoog hou.

Inskryffoto

Só is sy Voorbladmooi . . .

INOAR Haar lang golwende hare is behandel met die Divine Curls-masker. Divine Curls-stileringsjel is aan die haarwortels gewend vir volume en om die golwe te definieer.

KALAHARI Vir helder en wakker oë is Nourishing Eye Balm met rooibostee-ekstrak die antwoord.

ISA CARSTENS AKADEMIE Elke finalis het ’n hidrerende gesigbehandeling ontvang. Ná reiniging en afskilfering met ligte vrugtesure is die gesig, oë en lippe behandel met maskers vol aktiewe bestanddele vir ’n gesonde, stralende gelaat.

FOTO: Leana Clunies-Ross

SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady EmblemINOARIsa Carstens AkademieKalahari en kykNET.

Maak seker jy kyk elke Dinsdag om 17:30 na SARIE Voorbladgesig op kykNET.