Televisiespanne, topfotograwe, ’n reuse-ateljee, tydskrifonderhoude, sosiale media, haarbederwe, gesigbehandelings, grimeer- en parfuumwerksessies, mekaar leer ken, vroeë oggende, laat aande, ’n gejaag, ’n gewag, spanning, blydskap, teleurstelling, verrassing ... al dié dinge en emosies het SARIE se 10 Voorbladgesig-finaliste in ’n kort ruk beleef.

En in SARIE se September-uitgawe is hulle nou: elk individueel gestileer om ’n deel van hul persoonlikheid weer te gee.

Ons deel op SARIE.com elke Voorbladgesig-finalis individueel. In die artikels verklap hulle iets van hulself – die pad wat hulle al gestap het, ook dít wat hulle inspireer en laat droom ... waaronder SARIE se Oktober-voorblad! 


Charicke Carolus

Charicke Carolus (24) is nie net ’n sekretaresse by ’n regsfirma nie, maar ook ’n model en SARIE Voorbladgesig-finalis! Dié donkerkop het groot planne vir die toekoms. 

FOTO: Leana Clunies-Ross

Enkellopend Beste eienskappe “My plat maag en ek’s snaaks” Bewonder “My ma en my twee Namibië-tannies” Gunsteling-kledingstuk Swart jeggings Top-fliek Pitch Perfect Bungee/lees “Eerder valskermspring” Beste gereg Soesji Parfuum Montblanc Lady Emblem L’Eau

Grootste kompliment? My vriende en familie sê ek lyk soos ons huidige Mej. SA, Tamaryn Green.

Droomwerk? Om ’n Victoria’s Secret-model te wees! Maar om realisties te wees, ’n professionele fotograaf of aktrise.

Moeilikste ding waardeur jy is? Toe ek my ouer suster verloor het. Ons het mekaar verstáán. Ek dink gereeld aan die laaste oomblikke wat ons gedeel het.

Hoekom wil jy wen? Elke vrou is ’n voorblad werd!

Só is sy Voorbladmooi . . .

INOAR Haar dik, effe growwe hare is gewas met Help Detox-sjampoe, waarna ’n Be Perfect-behandeling gedoen is om haar hare sag en meer hanteerbaar te maak.

KALAHARI Om ’n sensitiewe vel met inflammasie te kalmeer gebruik Phyto Comfort Lotion.

ISA CARSTENS AKADEMIE Elke finalis het ’n bevogtigende gesigbehandeling ontvang. Ná reiniging en afskilfering met ligte vrugtesure is die gesig, oë en lippe behandel met maskers vol aktiewe bestanddele vir ’n gesonde, stralende gelaat.

FOTO: Leana Clunies-Ross

SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady EmblemINOARIsa Carstens AkademieKalahari en kykNET.

Maak seker jy kyk elke Dinsdag om 17:30 na SARIE Voorbladgesig op kykNET.