Televisiespanne, topfotograwe, ’n reuse-ateljee, tydskrifonderhoude, sosiale media, haarbederwe, gesigbehandelings, grimeer- en parfuumwerksessies, mekaar leer ken, vroeë oggende, laat aande, ’n gejaag, ’n gewag, spanning, blydskap, teleurstelling, verrassing ... al dié dinge en emosies het SARIE se 10 Voorbladgesigfinaliste in ’n kort ruk beleef.

En in SARIE se September-uitgawe is hulle nou: elk individueel gestileer om ’n deel van hul persoonlikheid weer te gee.

Ons deel op SARIE.com elke Voorbladgesig-finalis individueel. In die artikels verklap hulle iets van hulself – die pad wat hulle al gestap het, ook dít wat hulle inspireer en laat droom ... waaronder SARIE se Oktober-voorblad! 

FOTO: Leana Clunies-Ross


Emari Gieselbach

Emari Gieselbach (35) is ’n kunsonderwyseres van Centurion. Dié ma van twee dogtertjies het dadelik ons aandag getrek met haar kort hare en innemende oë.

FOTO: Perdeblom fotografie

Getroud, 2 dogters Beste eienskappe “Nuut maak my nie bang; ek neem vioollesse!” Bewonder Model Marciel Hopkins vir haar liggaampositiewe uitkyk Top-fliek Moana Bungee/lees “Bungee gee my ’n hol kol op my maag; eerder lees of kuns” Parfuum Montblanc Lady Emblem Elixir

Koesterdinge? Ek het ’n hanger met twee dogtertjies aan. Ek haal dit nooit af nie; dis simbolies van my twee prinsessies.

Waarom kort hare? Ek sny elke paar jaar my hare. My kort hare kry meer komplimente!

Moeilikste ding wat jy nog moes doen? Om my pa te begrawe. Daar is soveel wat ek nog wou sê.

Lesse geleer? Jy hoef nie altyd reg te wees of die laaste sê te hê nie.

Inskryffoto

Só is sy Voorbladmooi . . .

INOAR ’n Nuwe salon-kleurtint is gebruik om haar blonde skakering te verbeter en die geelheid te verwyder. Daarna is haar hare met die Daymoist-masker behandel vir ekstra vog.

KALAHARI ’n Getinte vogroom Phyto DD Cream Ivory is vir besige ma’s wat natuurlik wil lyk.

ISA CARSTENS AKADEMIE Elke finalis het ’n bevogtigende gesigbehandeling ontvang. Ná reiniging en afskilfering met ligte vrugtesure is die gesig, oë en lippe behandel met maskers vol aktiewe bestanddele vir ’n gesonde, stralende gelaat.

FOTO: Leana Clunies-Ross

SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady EmblemINOARIsa Carstens AkademieKalahari en kykNET.

Maak seker jy kyk elke Dinsdag om 17:30 na SARIE Voorbladgesig op kykNET.