Televisiespanne, topfotograwe, ’n reuse-ateljee, tydskrifonderhoude, sosiale media, haarbederwe, gesigbehandelings, grimeer- en parfuumwerksessies, mekaar leer ken, vroeë oggende, laat aande, ’n gejaag, ’n gewag, spanning, blydskap, teleurstelling, verrassing ... al dié dinge en emosies het SARIE se 10 Voorbladgesigfinaliste in ’n kort ruk beleef.

En in SARIE se September-uitgawe is hulle nou: elk individueel gestileer om ’n deel van hul persoonlikheid weer te gee.

Ons deel op SARIE.com elke Voorbladgesig-finalis individueel. In die artikels verklap hulle iets van hulself – die pad wat hulle al gestap het, ook dít wat hulle inspireer en laat droom ... waaronder SARIE se Oktober-voorblad! 

FOTO: Instagram / @germagildenhuys

Germa Gildenhuys

Germa Gildenhuys (24) is ’n plaas-boekhouer en boervrou van Heidelberg in die Wes-Kaap. Sy het al twee keer SARIE Voorbladgesig se Top-10 gehaal, eers in 2012 en nou weer in 2018! Ontmoet haar hier:

Germa in 2012 se SARIE Voorbladgesig
Germa in 2018 se Top-10 FOTO: Leana Clunies-Ross

Getroud Beste eienskappe “My oë; ek gee om vir ander” Bewonder “Vroue wat werk én ’n gesin versorg” Top-fliek The Blind Side Bungee/kos “My hart sal ’n bungee-sprong nie maak nie” Beste gereg Bees-carpaccio Parfuum Montblanc Lady Emblem Elixir

Wat wil jy op die plaas bereik? Ek wil die boerdery suksesvol en volhoubaar maak. Ek het molekulêre biologie en biotegnologie geswot en wil dit op die plaas inspan.

Wat definieer ’n vrou? Sy’s emosioneel en fisiek sterk.

Reis jy graag? Ek het die travel bug. Ek wil Italië, Griekeland en Bali saam met my man sien.

Jy’s lief vir SA . . . Dis mooi, divers en niks kom by vriendelike Suid-Afrikanerharte nie.

Germa se inskryffoto vir 2018

Só is sy Voorbladmooi . . .

INOAR Haar hare is met Photoshop-sjampoe gewas en Daymoist Three Minute Shock Treatment het haar krulle intens bevog om dit sag en blink te maak.

KALAHARI Wend soggens die serum Revitalising Booster Gel aan vir ’n plomp, bevogte vel.

ISA CARSTENS AKADEMIE Elke finalis het ’n bevogtigende gesigbehandeling ontvang. Ná reiniging en afskilfering met ligte vrugtesure is die gesig, oë en lippe behandel met maskers vol aktiewe bestanddele vir ’n gesonde, stralende gelaat.

FOTO: Leana Clunies-Ross

SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady EmblemINOARIsa Carstens AkademieKalahari en kykNET.

Maak seker jy kyk elke Dinsdag om 17:30 na SARIE Voorbladgesig op kykNET.