Televisiespanne, topfotograwe, ’n reuse-ateljee, tydskrifonderhoude, sosiale media, haarbederwe, gesigbehandelings, grimeer- en parfuumwerksessies, mekaar leer ken, vroeë oggende, laat aande, ’n gejaag, ’n gewag, spanning, blydskap, teleurstelling, verrassing ... al dié dinge en emosies het SARIE se 10 Voorbladgesigfinaliste in ’n kort ruk beleef.

En in SARIE se September-uitgawe is hulle nou: elk individueel gestileer om ’n deel van hul persoonlikheid weer te gee.

Ons deel op SARIE.com elke Voorbladgesig-finalis individueel. In die artikels verklap hulle iets van hulself – die pad wat hulle al gestap het, ook dít wat hulle inspireer en laat droom ... waaronder SARIE se Oktober-voorblad! 

FOTO: Leana Clunies-Ross

Leandri Truter

Leandri Truter is ’n somatoloog van George en assistent-bestuurder by ’n estetiese kliniekgroep in die Kaap. Vir haar is ’n SARIE-voorblad ’n mylpaal en die kompetisie is ’n geleentheid om deel te wees van iets buite haar alledaagse lewe. Ontmoet haar hier: 

Verhouding met “’n vrekslim mikrobioloog” Beste eienskappe “Vol lippe en ek’s ondersteunend” Bewonder Aktrise Simoné Nortmann Gunsteling-kledingstuk Sweetpakbroek Top-fliek Pearl Harbor Bungee/lees “Iets in die middel” Beste gereg “Ek’s stout vir pizza” Parfuum Montblanc Lady Emblem

Leandri agter die skerms by SARIE Voorbladgesig FOTO: Suikerbekkie Fotografie

Hoe voel jy oor afspraak-webtuistes? Ons lewe word reeds deur digitale media beheer. Gaan liefs uit en ontmoet nuwe mense.

Wat het jy in jou handsak? Parfuum, kougom en haarknippies.

Moeilikste ding wat jy nog moes doen? Om uit ’n nuwe verhouding te kom toe my ou liefde weer vlamvat.

Hoe maak jy SA beter? Ek neem aksie en neem deel. Stem wanneer daar gestem moet word.

Inskryffoto

Só is sy Voorbladmooi . . .

INOAR Die Help Ampoule Intense Moisture-behandeling is gebruik om die skade van dikwels hare kleur te herstel. Die Speed Blonde-reeks het gehelp om haar blonde hare minder geel te maak.

KALAHARI Hydralite Moisturiser is ’n ligte vogroom geskik vir ’n olierige of sensitiewe vel.

ISA CARSTENS AKADEMIE Elke finalis het ’n bevogtigende gesigbehandeling ontvang. Ná reiniging en afskilfering met ligte vrugtesure is die gesig, oë en lippe behandel met maskers vol aktiewe bestanddele vir ’n gesonde, stralende gelaat.

FOTO: Leana Clunies-Ross

SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady EmblemINOARIsa Carstens AcademyKalahari en kykNET.

Maak seker jy kyk elke Dinsdag om 17:30 na SARIE Voorbladgesig op kykNET.