Televisiespanne, topfotograwe, ’n reuse-ateljee, tydskrifonderhoude, sosiale media, haarbederwe, gesigbehandelings, grimeer- en parfuumwerksessies, mekaar leer ken, vroeë oggende, laat aande, ’n gejaag, ’n gewag, spanning, blydskap, teleurstelling, verrassing ... al dié dinge en emosies het SARIE se 10 Voorbladgesigfinaliste in ’n kort ruk beleef.

En in SARIE se September-uitgawe is hulle nou: elk individueel gestileer om ’n deel van hul persoonlikheid weer te gee.

Ons deel op SARIE.com elke Voorbladgesig-finalis individueel. In die artikels verklap hulle iets van hulself – die pad wat hulle al gestap het, ook dít wat hulle inspireer en laat droom ... waaronder SARIE se Oktober-voorblad! 

Lieze se inskryffoto vir SARIE Voorbladgesig

Lieze Schlechter

Lieze Schlechter (46), ’n kantoorbestuurder, drawwer en ma van drie van Melkbosstrand, se droomberoep is modelwerk. En met haar lenige lyf en beeldskone gelaatstreke kan sy beslis die droom waar maak. Sy het immers dadelik ons aandag getrek uit duisende inskrywings vir SARIE Voorbladgesig. En nou mik sy in die top-10 na die groot prys: model-wees vir SARIE se Oktober-voorblad. 

Hier gesels ons met Melkbosstrand se gunsteling-finalis: 


Ma van 3 Beste eienskappe “Geduld, my bene!” Bewonder “My dogter, Karla, vir haar deursettingsvermoë” Gunsteling-kledingstuk Grys wolserp vir deur die jaar dra Top-fliek Gladiator Bungee/lees “Lees!” Beste gereg Bobotie en soetpatat Parfuum Montblanc Lady Emblem

Jy’s lief vir SA ... Dis my geboorteland; ’n mooi land ondanks al die probleme.

Moeilikste ding wat jy al moes doen? Om my kinders hospitaal toe te laat kom nadat hul pappa oorlede is. Daardie oproep was baie moeilik.

Sal jy weer trou? Ja, ek hou daarvan om deel van ’n couple te wees.

Definieer ’n vrou Iemand wat vertroue uitstraal; haarself aanvaar nes sy is.

#46shadesofgrey#??

A post shared by Lieze Schlechter (@liezeschlechter) on


Só is sy Voorbladmooi ... INOAR Grys hare kan droog wees. Hare is behandel met die Daymoist-reeks vir sag, bevogte hare en afgerond met hul luukse Kálice-haarolie.

KALAHARI Aanbeveel is die kragtige vogroom Kalahari Ultra-Rich Complex met vitamien C en peptiede, uitstekend vir fermheid.

ISA CARSTENS AKADEMIE Elke finalis het ’n bevogtigende gesigbehandeling ontvang. Ná reiniging en afskilfering met ligte vrugtesure is die gesig, oë en lippe behandel met maskers vol aktiewe bestanddele vir ’n gesonde, stralende gelaat.

FOTO: Leana Clunies-Ross

SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady EmblemINOARIsa Carstens AcademyKalahari en kykNET.

Maak seker jy kyk elke Dinsdag om 17:30 na SARIE Voorbladgesig op kykNET.