Televisiespanne, topfotograwe, ’n reuse-ateljee, tydskrifonderhoude, sosiale media, haarbederwe, gesigbehandelings, grimeer- en parfuumwerksessies, mekaar leer ken, vroeë oggende, laat aande, ’n gejaag, ’n gewag, spanning, blydskap, teleurstelling, verrassing ... al dié dinge en emosies het SARIE se 10 Voorbladgesigfinaliste in ’n kort ruk beleef.

En in SARIE se September-uitgawe is hulle nou: elk individueel gestileer om ’n deel van hul persoonlikheid weer te gee.

Ons deel op SARIE.com elke Voorbladgesig-finalis individueel. In die artikels verklap hulle iets van hulself – die pad wat hulle al gestap het, ook dít wat hulle inspireer en laat droom ... waaronder SARIE se Oktober-voorblad! 

FOTO: Leana Clunies-Ross

Mischke Joshua

Mischke Joshua (32) is ’n sake- en bemarkings-bestuurder van Rustenburg. Hierdie Voorbladgesig-finalis wil nie net boeliery om skoolvlak takel nie, maar ook die geleentheid gebruik om haarself te herdefinieer en onvervulde drome na te jaag. Ontmoet die beeldskone Top-10-finalis hier:

FOTO: Instagram / @mischke.joshua

Getroud, geen kinders Beste eienskappe “My lengte en sagte geaardheid” Bewonder “My ouers en grootouers” Gunsteling-kledingstuk Louboutins, sy glo in daai hakke! Top-fliek Memoirs of a Geisha Bungee/lees “Veel eerder lees” Beste gereg Soesji Parfuum Montblanc Lady Emblem

Wie inspireer jou? Amy Kleinhans, Mej. SA 1992. Vir die eerste keer het ek iemand gesien wat soos ek lyk en sy was die mooiste vrou in SA!

Hoe maak ons SA beter? Ons moet boeliery takel deur skolewerksessies – fokus op die boelie én die slagoffer.

Wat maak jou bang van die toekoms? Dat ons regtig eendag sonder water gaan wees.

Jou velsorgbederf? Ek gaan elke jaar vir ’n verjaardag-gesigbehandeling.

Inskryffoto

Só is sy Voorbladmooi . . .

INOAR Die Be Perfect-behandeling werk om haar fyn, effens droë hare te versterk. Die Divine Curls-masker is aangewend om haar hare te bevog sonder om dit swaar te maak.

KALAHARI Gebruik Activated Charcoal Mask om te diepreinig vir ’n gesonder gelaat.

ISA CARSTENS AKADEMIE Elke finalis het ’n bevogtigende gesigbehandeling ontvang. Ná reiniging en afskilfering met ligte vrugtesure is die gesig, oë en lippe behandel met maskers vol aktiewe bestanddele vir ’n gesonde, stralende gelaat.

FOTO: Leana Clunies-Ross

SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady EmblemINOARIsa Carstens AkademieKalahari en kykNET.

Maak seker jy kyk elke Dinsdag om 17:30 na SARIE Voorbladgesig op kykNET.