Televisiespanne, topfotograwe, ’n reuse-ateljee, tydskrifonderhoude, sosiale media, haarbederwe, gesigbehandelings, grimeer- en parfuumwerksessies, mekaar leer ken, vroeë oggende, laat aande, ’n gejaag, ’n gewag, spanning, blydskap, teleurstelling, verrassing ... al dié dinge en emosies het SARIE se 10 Voorbladgesigfinaliste in ’n kort ruk beleef.

En in SARIE se September-uitgawe is hulle nou: elk individueel gestileer om ’n deel van hul persoonlikheid weer te gee.

Ons deel op SARIE.com elke Voorbladgesig-finalis individueel. In die artikels verklap hulle iets van hulself – die pad wat hulle al gestap het, ook dít wat hulle inspireer en laat droom ... waaronder SARIE se Oktober-voorblad! 

Nelichea Richardson. SKERMGREEP: SARIE Voorbladgesig Episode 1

Nelichea Richardson

Nelichea Richardson (33) is ’n finansiële bestuurder en direkteur van ’n konstruksiebesigheid in Benoni. Boonop is die beeldskone vrou ook ’n ma van drie! Ontmoet ons Voorbladgesigfinalis hier:

FOTO: Instagram / @nelichea_rich

Getroud, 3 kinders Beste eienskap “My glimlag” Bewonder “Vroue naaste aan my wat al baie pyn ervaar het” Gunsteling-kledingstuk Denims Top-fliek The Greatest Showman Bungee/lees/kos “Ek’s g’n bok vir sports, so lees of my kombuis” Beste gereg Seekos Parfuum Montblanc Lady Emblem Elixir

FOTO: Leana Clunies-Ross

Jy’s lief vir SA ... Dis my land, my bloed. Ek’s deel van die blomme, gras en alles wat mooier as mooi is.

Moeilikste ding wat jy al moes deurmaak? Die besluit om ons baba-dogtertjie se masjiene in die hospitaal af te skakel.

Grootste lewensles? Geld kan nie gesondheid en liefde koop nie.

Mening oor tatoes Dis meer as net ’n prentjie. Dit simboliseer liefde en pyn – dis iets privaat.

Inskryffoto

Só is sy Voorbladmooi . . .

INOAR Die Be Perfect-behandeling met keratien versterk hittegestileerde hare en tem kroeserigheid. Thermoliss Anti-Frizz Styling Balm beskerm hare teen hitte voor stilering.

KALAHARI Die Vita-Gel Mask met alfahidroksisure verfris en verhelder ’n tam vel.

ISA CARSTENS AKADEMIE Elke finalis het ’n bevogtigende gesigbehandeling ontvang. Ná reiniging en afskilfering met ligte vrugtesure is die gesig, oë en lippe behandel met maskers vol aktiewe bestanddele vir ’n gesonde, stralende gelaat.

FOTO: Leana Clunies-Ross

SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady Emblem, INOAR, Isa Carstens Academy, Kalahari en kykNET.