SARIE se 10de Voorbladgesig word Woensdag 19 September om 14:00 aangekondig word by ’n spoggeleentheid in Pretoria. Jy kan die geleentheid bywoon, of vanaf 16:00 SARIE.com dop hou vir die groot nuus.

Deel in die opwinding en raai wie gaan op ons Oktober-voorblad verskyn. Een gelukkige SARIE-leser gaan ’n groot prys WEN van twee van ons trotse borge, Montblanc Lady Emblem en Kalahari Lifestyle 

Wat is op die spel?

Montblanc se Lady Emblem

Montblanc is 'n trotse borg van SARIE Voorbladgesig

SARIE Voorbladgesig se hoofborg is die luukse-ontwerphuis Montblanc Lady Emblem, en een gelukkige leser gaan ’n Lady Emblem-parfuum van 75 ml ter waarde van R1 210 wen! In die Lady Emblem-parfuumreeks is daar die lentegeur Montblanc Lady Emblem L’Eau, die oorspronklike Montblanc Lady Emblem en die vurige Montblanc Lady Emblem Elixir. Watter een gaan jou gunsteling-geur wees?

Mont Blanc Lady Emblem

Kalahari Lifestyle se Bobby van Jaarsveld-geskenkpak

Kalahari is 'n trotse borg van SARIE Voorbladgesig

Kalahari Lifestyle, ’n skoonheidsreeks wat in van die voorste spa’s in die wêreld gevind word, is nog ’n trotse borg van SARIE Voorbladgesig. Bobby van Jaarsveld is die ambassadeur van Kalahari Lifestyle, en die wenner van ons kompetisie gaan wegstap met ’n geskenkpak met Bobby se handtekening daarop! Die geskenkpak ter waarde van R2 600 bevat lieflike produkte van Kalahari Lifestyle. Klik hier en kyk na Bobby van Jaarsveld se nuwe veldtog!

Die Bobby van Jaarsveld-boks, met die hand geteken en ter waarde van R2600

Neem só deel:

Hier’s ons Top-10-finaliste. Raai wie gaan vanjaar op SARIE se Oktober-voorblad verskyn, as jy reg raai staan jy ’n kans om ’n Montblanc Lady Emblem-parfuum en Kalahari Lifestyle-geskenkpak – ter waarde van R3 810 altesaam – te wen! Die kompetisie sluit om 13:00 op 19 September. Die beoordeelaars se beslissing is finaal en die prys is nie omruilbaar vir kontant nie

Klik hier om die Top-10 beter te leer ken

Van links na regs: Lieze Schlechter, Emari Gieselbach, Suné Potgieter, Nelichea Richardson
Van links na regs: Anya-Larissa Botha, Charicke Carolus, Leandri Truter
Van links na regs: Mischke Joshua, Germa Gildenhuys en Chané Venter


Skryf hiér in: