Televisiespanne, topfotograwe, ’n reuse-ateljee, tydskrifonderhoude, sosiale media, haarbederwe, gesigbehandelings, grimeer- en parfuumwerksessies, mekaar leer ken, vroeë oggende, laat aande, ’n gejaag, ’n gewag, spanning, blydskap, teleurstelling, verrassing ... al dié dinge en emosies het SARIE se 10 Voorbladgesigfinaliste in ’n kort ruk beleef.

En in SARIE se September-uitgawe is hulle nou: elk individueel gestileer om ’n deel van hul persoonlikheid weer te gee.

Ons deel op SARIE.com elke Voorbladgesig-finalis individueel. In die artikels verklap hulle iets van hulself – die pad wat hulle al gestap het, ook dít wat hulle inspireer en laat droom ... waaronder SARIE se Oktober-voorblad! 

Inskryffoto

Suné Potgieter

Suné Potgieter is ’n BCom-regstudent van Modimolle. Dié Bosveld-nooi is deur haar ma en vriendin oorreed om in te skryf, en dit is vir haar ’n droom wat sy najaag. Ontmoet haar hier:

Enkellopend en mal daaroor! Beste eienskappe “My hare en vasberadenheid” Bewonder Rolene Strauss, Mej. Wêreld 2014 Gunsteling-kledingstuk “My La Senza-onderklere” Top-fliek Pretty Woman Bungee/lees “Ek hou nie van vinnig afwaarts nie” Beste gereg Sjokolade Parfuum Montblanc Lady Emblem L’Eau

Glo jy in afspraak-webtuistes? Nee, dis beter om fisiek tyd saam met iemand deur te bring.

Grootste lewensles? Om ’n wag voor my mond te plaas. My woorde het my al in ongemaklike situasies laat beland.

Moeilikste ding wat jy nog moes doen? Om my pa vir ewig te groet.

Jy’s lief vir SA . . . Ek’s lief vir die natuur – dan is daar natuurlik ook biltong en boerewors.

FOTO: Leana Clunies-Ross

SÓ IS SY VOORBLADMOOI . . .

INOAR Haar reeds gesonde hare is met Vegan-sjampoe en -opknapperbehandel om dit nog beter te laat lyk. Argan Oil-haarolie gee ekstra glans.

KALAHARI Gereelde afskilfering sorg vir ’n stralende vel. Enzyme Face Buff bevat pampoen-ensieme wat dieper werk.

ISA CARSTENS AKADEMIE Elke finalis het ’n bevogtigende gesigbehandeling ontvang. Ná reiniging en afskilfering met ligte vrugtesure isdie gesig, oë en lippe behandel met maskers vol aktiewe bestanddele vir ’n gesonde, stralende gelaat.

SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady EmblemINOARIsa Carstens AkademieKalahari en kykNET.

Maak seker jy kyk elke Dinsdag om 17:30 na SARIE Voorbladgesig op kykNET.