Verander die voorkoms van jou leefruimte met ’n neutrale stoel, n groterige sytafel (dit was eers n ou kantoortafeltjie) of n glasvaas - of gebruik sommer al drie.

Klassiek modern

Maak die vertrek lig en modern deur ’n swart-en-wit vloer of mat te kies. Verf die tafeltjie swart, rangskik fynbos in die vaas en gebruik kussings met ’n moderne patroon soos kolle en strepe.

voorkoms1 FOTO Ryno

Gebruik dit as lessenaar

As jou sytafel groot genoeg is, rig dit in as ’n klein werktafel in jou sitkamer en installeer ’n rakkie daarbo.

voorkoms2 FOTO Ryno

Aardse voorkoms

As jy hou van ’n meer aardse voorkoms, trek vir die tafel ’n “rok” aan: gooi ’n tafeldoek wat tot op die vloer hang daaroor. Dis ook lekker stoorplek vir onooglike los goed. Hou by die kleurskema van die stoel, maar bring nog ’n kalm kleur in soos die rookblou muur (soortgelyke kleur is Winter Teal 4 van Dulux). En die vaas is nou uitstalhouer vir mooi skulpe.

voorkoms3 FOTO Ryno

Romanties

Verf die mure ligte blougroen (Dulux se Sea Urchin 5). Kiese ’n groot geblomde kussing (en gordyne) en rangskik kleurryke blomme in die vaas. En vir pret, knip ’n swerm swaeltjies uit dun karton en plak met wondergom teen jou muur vas.

voorkoms4 FOTO Ryno

Maak meer van jou blompot

Plaas dit op ’n perspeksstaander om dit ’n swewende voorkoms te gee. Maak jou eie kuns deur ’n mooi stuk lap te raam.

voorkoms5 FOTO Ryno

Lees nou

As jy hou van ’n aardse voorkoms

Stoffeer ’n ou stoel

Kies die regte kroegstoel