Tradisioneeel dink ons aan terracotta-potte as houers vir plante, maar jy kan veel meer daarmee doen. Die potte word van natuurlike terracotta-klei gevorm en gebak. Klei haal asem en plante sal nie sommer doodgaan van te veel water nie, want dit kan verdamp. En omdat dit porieus is, is dit selfs geskik vir bak. 

1. Maak ’n pottetuin

Skaf ’n werkbank aan wat op jou stoep of balkon pas – dis te koop by ysterwarewinkels en jy kry dit in verskillende groottes. Hou al jou klein tuingereedskap hier byderhand en versamel intussen kleipotte wat jy kan uitstal.

pot1 FOTO Ryno

2. Gee groen

Vir jou tuinvriende is dit ’n lekker geskenk: Pak ’n kleipot vol tuingoed, soos ’n paar pakkies saad, handskoene, tou, ’n tuinvurkie en dalk ’n notaboek om ’n tuindagboek te hou.

pot2 (1) FOTO Ryno

3. Rangskik ’n bos blomme

Maak die pot se gaatjie toe met ’n klont wondergom en voer die binnekant uit met ’n stukkie plastiek. Die pot kan later gebruik word om iets in te plant.

pot3 FOTO Ryno

4. Slim eierkelkie

Klein kleipotjies met pierings is presies die regte grootte om as eierkelkies te dien. Dek ’n mooi ontbyttafel en sit gekookte eiers só voor.

pot4 FOTO Ryno

5. Vars gebak

Was die kleipot silwerskoon en week dit vir ’n rukkie in water. Plaas opgevoude bakpapier oor die gaatjie in die bodem en voer die pot verder uit met twee lae bakpapier. Gebruik sommer gekoopte deeg en bak ’n klein broodjie in die pot.

pot5 (1) FOTO Ryno

Wat is #TuindagSA?

Dit vind plaas op Sondag, 9 Oktober, en is ’n geleentheid om jou tuin of selfs enige tuin saam met geliefdes en vriende te vier! Nooi hulle om saam met jou te kuier.

Besoek Garden Day vir meer inligting oor Tuindag. Maak seker om die hutsmerk #TuindagSA te gebruik wanneer jy foto’s van jou Tuindag-vieringe deel.

Besoek ook Garden Day SA se Facebook -blad en volg @gardendaysa op Twitter en Instagram vir lekker tuindag-wenke.

FOTO @garden FOTO @gardenSA

Lees nou

Planne vir jou agterplaas (of balkon)

5 slim truuks vir ’n sjiek slaapkamer

5 goed om jou huis trendy te maak