Die kleure en patrone van ons vasteland is ekstreem en asemrowend – 'n smeltpot van passie, kreatiwiteit en inspirasie.

Plascon se kleurpalet vir 2010 weerspieël dit in 4 verskillende kleurtemas, met altesame 32 nuwe kleure.

Die tema Eastern Promise se inspirasie is bv. afkomstig van aardse kleure soos Oos-Afrika se savanna, grofgeweefde tekstiele en warm kleure van die Masai en Samburu. Western Desert bestaan uit aardse kleure van Wes-Afrika, soos jy sal sien in die Namib of op 'n Nigeriese basaar. Kyk volgende week hoe die ander 2 nuwe reekse van Plascon lyk. Kontak Plascon Adviesdiens by 0860 20 40 60 of besoekwww.plascon.co.za.