As al die roosgoud en koper wat nou oral te sien is nie in jou smaak val nie, sal jy hou van die aardsheid van terracotta en sy skakering. 

1. Verf ’n nis

As jy ’n nis in jou huis het, kan jy die agterste muur met ’n sterk skakering van terracotta verf om dit ekstra diepte te gee. Kies iets soos Dulux se Sicilian Summer 2. Blomme van Okasie.

terra1 FOTO Henk Hattingh

2. Warm kleure vir jou tafel

Skink koel water uit dié mooi beker (R229) van Volpes.

terra2 FOTO Volpes

3. Sagter skakerings vir die slaapkamer

Gebruik twee skakerings vir hierdie ombré-verftegniek. Kombineer dit met kraakwit beddegoed en blonde hout.

4. In die kombuis

Kook ’n heerlike bredie in hierdie tagine (R299) van Poetry.

terra4 FOTO Poetry

5. Waag met kleur

Verf so ’n fokusmuur in jou leef- of slaapkamer. Die kleure wat hier gebruik is, is Plascon se Terra Nova R6-D1-2 (bruinerige kleur) en Sunset in the Desert O3-B1-1.

terra5 FOTO Plascon

Lees nou

Stoffeer ’n ou stoel

Trend: Eksotiese voëls

Kies die regte kroegstoel