Met die onthaalseisoen om die draai, is jy dalk lus vir nuwe breekgoed. Ons wys ’n paar gunstelinge.

1. Blou Delft

Dit bly een van die gewildste ontwerpe van alle tye. Dek so ’n tradisionele tafel met outydse rose en ’n rooi-en-wit tafeldoek. Blou breekgoed is by die meeste groot afdelingswinkels te koop.

ss0603visser11.tif FOTO Anel van der Merwe

2. Poeding in ’n glasie

Dink net hoe mooi sal aarbeie in hierdie blou glas lyk, R59 van @home.

dek2 FOTO @home

3. Vir koek of versier

So ’n koekstaander sal ’n treffende tafelversiering maak as jy ’n klein glasvaas met ’n enkele blom daarin bo-op sit, R269 van @home.

dek3 FOTO @home

4. Meer formeel

Die borde is mooi genoeg om ’n koning te onthaal, R170 elk, Woolworths

dek4 FOTO Woolworths

5. Iets meer modern

Die dienbord is mooi vir slaai of vleis, R79,99, Mr Price Home.

dek 5 FOTO Mr Price Home

Lees nou

Dekor-trend: Marmer

Gee jou kaste nuwe lewe

5 kits-dekorplanne