Dis van tyd tot tyd nodig om bestekopname van jou interieur te neem en ’n paar veranderinge aan te bring sonder dat jy ’n klomp geld uitgee.

1. Vertikale blindings is vir kantore

Daar is deesdae ’n groot verskeidenheid vensterbedekkings wat baie doeltreffender as vertikale blindings is, veral vir ’n woonhuis. Jy kan kies en keur.

shutters2 FOTO Plantation Shutters

2. Sit- en slaapkamerstelle is oninterresant

Skuif jou meubels rond sodat die bedkassies en bed nie presies dieselfde lyk nie. Ruil dit met ander kamers se meubels om. Dieselfde geld sitkamers. Moenie sitkamerstelle met banke en stoele koop wat almal dieselfde is nie. Wissel af met ander style en teksture.

CottonOn3_15070537_PR FOTO Cotton On

3. Stort pleks van bad

Om te stort gebruik baie minder water as om te bad. Om nog verder water te spaar kan jy ’n emmer onder die stort plaas terwyl jy wag vir die regte watertemperatuur.

stort4 FOTO Henk Hattingh

4. Doen weg met kunsblomme

Maak nuwe uitstallings in groepies van drie en sorg dat die houers en plantmateriaal mekaar komplementeer.

Lees nou

Maak pakplek mooi

Watter kleur moet jou slaapkamer wees? + WEN MRP Home-ware ter waarde van byna R7 000!

Dek dit mooi