Dié trend is onlangs op die Europese mode-loopplanke gesien, met deurgestikte baadjies en gekwilte lyfies vir rokke. Dis ook nou gewild in dekor. Dit gee mooi tekstuur aan ’n meubelstuk en die “in” bedkopstuk is beslis een met knoopdetail.

Kies ’n interessante kopstuk

Die perfekte kombinasie tussen elegansie en gemak (vanaf R11 595), Sutherlands Home Furnishing.

kwilt1 FOTO Sutherlands Home Furnishing

In die sitkamer

Dié moderne bank (R7 500) van Mr Price Home sal pas by oud en nuut. www.mrphome.com.

kwilt2 Mr Price Home

Wat van ’n tikkie goud …

As jy daardie één wow meubelstuk soek, sal hier gekwilte stoel (R7 995) van Sutherlands Home Furnishing dalk net die ding doen.

kwilt3 FOTO Sutherlands Home Furnishing

Of ’n veeldoelige voetbank

Die groot ronde ottoman kan as voetbankie, ekstra sitplek of koffietafel gebruik word (R6 599), Sofacompany.

kwilt5 FOTO The Sofa Company

Langs die eettafel

Die stoele gee ’n gesofistikeerde voorkoms aan jou eettafel en is heerlik gemaklik (R4 495), Weylandts.

kwilt4 FOTO Weylandts

Lees nou

Nuwe tendens: Hanglampe van laaghout & jy kan een WEN!

Kleurtrend: Geel

Hortjies binne en buite