Ná duisende jare is die tydlose elegansie van wit Carrara-marmer met fyn grys are steeds gesog in dekor. Dit was ook Michelangelo se keuse vir sy Dawid-beeld. Vandag is dit veral gewild in badkamers en kombuise, asook vir kleiner duursame gebruiksitems. 

1. Luuks vir die kombuis

Die werkoppervlak en muur agter die stoof is bedek met Neolith, wat lyk soos marmer en boonop dieselfde eienskappe beskik. Dis bestand teen vlekke en gee die kombuis ’n tydlose styl.

THESIZE SURFACES - NEOLITH  Almassora - Castellón - Spain FOTO Neolith

2. Klassieke badkamer

’n Spatbord van egte marmer agter die wasbak vervang teëls en maak ’n besonderse fokuspunt.

Stellenbosch Huis23 FOTO Henk Hattingh

3. Beddegoed soos marmer

Selfs die duvetoortreksel met 2 kussingslope van Mr Price Home is bedruk met ’n marmerpatroon. Dit is van suiwer katoen met ’n draadtelling van 300 en kos R859,99 vir ’n dubbelbedstel.

R859,99 FOTO Mr Price Home

4. Kombuisgereedskap

Kombuis-items wat hard moet werk en gedeeltelik van marmer gemaak, is soos ’n rolstok (R425), sapuitdrukker (R199) en snyplank (R425), sal vir ewig hou. Van Woolworths

FOTO Woolworths

5. Die oulike vis van marmer kan ook gebruik word as dienbord (R399), Woolworths.

WW HomeMedia-285 copy FOTO Woolworths

6. Ligte en donker marmer word saam gebruik in die snyplank (R345), Weylandts.

cheeseW345 FOTO Weylandts

7. Die klein mamerpotjie is vir growwe sout (R195), Weylandts.

soutpot195W FOTO Weylandts

Lees nou

5 kits-dekorplanne

#SARIEkrismis: Versier jou borde só!

3 basiese items