Die verskeidenheid matte wat deesdae op die mark is, is legio. Jy sal vir seker een kry wat in jou behoefte voorsien ?f in jou smaak val.

1. Doelgemaak

Die bekende Suid-Afrikaanse matvervaardigers Nouwens se nuutste produk, Monn, is ’n duursame volvloermat van ’n wolmengsel en dit kan spesiaal volgens die kliënt se spesifikasies gemaak word. Besoek Monn vir meer inligting

mat 1 FOTO Monn

2. Sag onder jou voete

Vir ’n slaapkamer is ’n sagte volvloermat ’n heerlike luukse. Kies een uit die Belgotex-reeks Sensation, wat in ’n groot verskeidenheid kleure beskikbaar is.

Mat2 FOTO Belgotex Floors

3. Kies ’n los mat

Daar is selfs lopers in Hertex Fabrics se reeks los matte. ’n Gang met ’n houtvloer kan veral raserig wees en s? ’n loper sal die probleem oplos.

mat3 FOTO Hertex Fabrics

4. Kontemporêr

Die los matte van Hertex Fabrics sal enige vertrek ’n moderne voorkoms gee.

mat4 FOTO Hertex Fabrics

5. Swart & wit

Die kombinasie van swart-en-wit pas goed by die industriële tema. Dié mat (R2 695) is van Block & Chisel

mat5 FOTO Block & Chisel

6. Natuurlik & aards

Die ronde sisalmat (R1595) is van Weylandts.

mat6 FOTO Weylandts

7. Hipermodern

Handgemaakte matte met besonderse patrone, soos dié een met blomme (R7 220), is nou beskikbaar by The Rug Store.

mat7 FOTO The Rug Store

Lees nou

Dekor praat kopstukke

Top-10 kleure vir 2017

Seisoen se see-trend