Dekorredakteurs Lounette Fourie en Anita Rossouw vertel: 

"Hoe ons in die Riebeekvallei beland het, is eintlik ’n lang storie. Dit het begin by ’n praatjie wat ons ’n paar jaar gelede in Pretoria gehou het. Daar het ons Rhoda Kruger van Garden Bleu ontmoet en ons verwonder aan haar mooi tuin-strukture (sien bl. 116). Tot ons vreugde het sy kort daarna ’n winkel in Riebeek-Kasteel oopgemaak. Ons het ons nie twee keer laat nooi nie en so het ons sommer die jaarlikse Olyffees ook ontdek. Die dorp het in ons kop bly steek, maar ons het niemand daar geken of geweet hoe die binnekamers lyk nie.

"Op ’n dag kry ons ’n oproep van ’n leser wat die eerste WOON soek. Sy wou ook sommer weet wanneer die volgende een verskyn. Ons was juis die volgende uitgawe aan’t beplan en sy nooi ons toe vriendelik uit om haar dorp te besoek. En hiermee wil ons sê: Dankie, Li Nepgen (bl. 70). Jy het die waarheid gepraat. Daar is ’n magdom mooi huise, interessante, talentvolle en vriendelike mense in die Riebeekvallei. En kan jy nou lekker eet op daai dorp!

"Hierdie WOON is ook propvol lekker selfdoen en unieke idees, mooi kinderkamers en ’n heerlike tuinmaak-storie. Dit was een groot fees om dit alles bymekaar te sit – hoop julle geniet dit net so baie!

Anita en Lounette - Dekorredakteurs

IN DIé UITGAWE

Ons kuier in die Riebeekvallei

Die Riebeekvallei
Liezel Olckers en Philip Seba se eetkamer Hoofslaapkmer met hoë venster - Liezel Olckers en Philip Seba se huis

Die gesin Manley se leefvertrek op Riebeek-Kasteel

Kombuise wat kook

Kombuis-idees Sjiek mosaïek - kombuistrend

Badkamers om van te droom

Badkamer - landelik en ruim

Kom sit by my

Sithoekie - klein maar ruim Sithoekie met kunstenaarsesel

Haal die spesiaal uit potensiaal

Doen dit self - Hekel 'n mosaïek-kombers Praktiese idees - doen dit self 

Pienk is 'n plan!

Pienk is 'n plan

WEN met Defy

Wen met Defy