Soos in die modewêreld is daar ook in die wêreld van dekor trends. En op die oomblik is dié vyf gewild.

1. 'n Moderne hanglig.

2. Iets in fluweel: 'n meubelstuk, kussings of 'n deken.

3. Interessante teëls, soos heksagoon, lanternvormig of Marokkaanse-styl.

4. Goed versorgde plante in mooi houers.

5. Mandjies en gevlegte items.