Koop ’n paar espadrilles en verpersoonlik dit as ’n spesiale geskenk met ’n gehekelde motief op elk.

Benodigdhede

Nr. 15-hekelkatoen; 1,25 mm-hekelpen

FOTO Donna Lewis FOTO Donna Lewis

Hekel so:

Begin deur 13 kettingsteke (ks) te hekel, sluit dit met ’n glipsteek (gs) in eerste ks om ’n ring te vorm.

1e rdte: Hekel 30 langbene (lb) in die ring; las telkens aan beginsteke van rdtes.

2e rdte: [1 lb in elk van volgende (vlg) 3 lb, 3 ks] 10 keer.

3e rdte: Gs oor vlg 2 lb, (3 lb, 3 ks en 3 kb) in elke 3-ks-lus.

4e en 5e rdte: Gs oor 2 lb, (3 lb, 3 ks en 3 lb in 3-ks-ls, 7 ks) herhaal tot end, gs in 3 ks en heg af.

Merk die middel van skoen se voorkant en werk op elk ’n motief vas met die laaste afheg-hekelgare.

Lees nou

Geskenk in ’n blik of boks

Dekor – die moets en moenies

Maak reg vir somer