Vyf sterk dekor-trends het ons plaaslik en oorsee opgeval.

1. Wit op wit

Wit is die een kleur waarin jy maar kan belê. Dis groot dekornuus, of dit nou in die gedaante van ornamente, meubels of ’n muurkleur is. Speel met tekstuur sodat dit nie koud en klinies lyk nie.

FOTO Ryno FOTO Ryno

2. Eg of faux

Interessante afwerkings soos marmer, kwarts, pels en leer, eg of nagemaak, word regdeur die huis op ongewone maniere gebruik, bv. ’n laaikas van leer of etenstafel met ’n marmerblad.

weylandts R35 995 FOTO Weylandts

3. Groen, en nog groen

Die kleur van hierdie stoel, Greenery, is Pantone se kleur van die jaar en verskillende skakerings daarvan sal beslis in veral in meubels te sien wees. Kombineer dit met nog skakerings van groen en hope binneplante vir ’n kalm en koel voorkoms. Of kombineer dit met ’n ongewone kleur soos skulppienk,

B & C R8 995 FOTO Block & Chisel

4. Tekstuur

Foto: Block & Chisel

In ons tegnologies gevorderde era is so baie dinge om ons hard, glad, blink en hoekig, dat ons smag na sagter teksture. Materiaal soos fluweel, matte met ’n diep pool en ligte katoenbeddegoed is ’n moet in die komende jaar.

block & chisel R8 9995 FOTO Block & Chisel

5. Teen die muur

“Aanhaling-kuns” soos woorde teen die muur word vervang met kaarte – antiek óf modern. Dis mooi kleurryk en informatief en sal jou sak pas.

FOTO David Ross FOTO David Ross

Lees nou:

5 wenke vir ’n vensterbank-tuintjie

Seisoen se see-trend

Vir die gasheer