Hortjies vir binne of buite is nie net ’n mooi en praktiese plan vir vensterbedekkings nie, dit voeg ook waarde toe tot jou blyplek, verg min onderhoud en jy hoef nooit weer in lelike diefwering vas te kyk nie.

Gebruik dit buite

Wat is nou lekkerder as om op ’n mooi dag buite te kuier. Doen dit elke dag deur sulke hortjies te installeer wat die wind keer en veiligheid en beskutting bied. Lig en lug kan gereguleer word deur die verstelbare hortjies. Hortjies van Plantation Shutters. Hulle het ook ’n groot reeks ander hortjies en blindings.

ps_hepburn1 FOTO Plantation Shutters

In die leefkamer

Dit pas perfek by ’n moderne skoon voorkoms. As jy nie mal is oor gordyne nie, sal dié hortjies beslis in jou smaak val. Dit vou weg sodat uitsigte nie belemmer word nie. Selfs al is die hortjies toe, kan jy dit so stel dat die uitsig nog bewonder kan word. Dit is uit Taylor Blinds & Shutters se Thermowood-reeks.

taylor leefkamer FOTO Taylor Blinds & Shutters

In die kombuis

Dis ideaal in jou kombuis. Koel die vertrek af deur die vensters oop te maak, en stel die hortjies so dat daar ’n koel bries deurwaai as die vertrek warm gekook is. Dit is uit Taylor Blinds & Shutters se Thermowood-reeks.

taylor kombuis FOTO Taylor Blinds & Shutters

In die badkamer

Dit bied totale privaatheid en sekuriteit met Taylor Blinds en Shutters se unieke sluitstelsel, maar jy kan steeds die uitsig uit die bad geniet.

taylor 5 FOTO Taylor Blinds & Shutters

In die slaapkamer

Kies sekerheidshortjies, nie net vir die slaapkamer nie, maar die hele huis, sodat jy somermaande met die deure en vensters oop kan slaap. Die hortjies is uit Taylor Blinds & Shutters se Shutterguard-reeks.

taylor 3 FOTO Taylor Blinds & Shutters

Lees nou

Die nuutste matte

Dekor praat kopstukke

Top-10 kleure vir 2017