Ooit gedink vase in die vorm van knoffel sal jou bekoor? Die organiese vorms van hierdie blompotte en teeliggie het ons hart gesteel. En as die knoffelvorm jou nie geval nie, kies dan 'n skulp, protea, peer of koolblare. Dit is van Luna Porcelain en landwyd beskikbaar by uitsoek-winkels. Besoek www.lunaporcelain.com vir nog inligting en om uit te vind waar.