>> Versier jou Kersboom: Bak jou gunsteling-soetkoekie en plaas ’n dun skyfie appel bo-op voor jy dit bak. Onthou om ’n gaatjie te druk vir die ophang-toutjie (soos op hooffoto).

Appel en kaneel

Groen-5319-Edit

• ’n Lang linneloper in die middel van die tafel is die perfekte agtergrond vir glasballe gevul met groen appels.

• Vleg klimoptakke tussen die versierings deur en plaas ’n statige gietyster-takbok in die middel.

Groen-5330

<< Groen en glas: Dek met Ouma se antieke breekgoed. Sorg vir geur en bind ’n kaneelstokkie en roosmaryntakkie om die servet van antieke linne.

Groen-5322

>> Mos en glas: Strooi Yslandmos en glasballe op jou groen tafel.

Spyskaart

Voorgereg

Groen-5283Slaai van appel, sorbet en garnale

 Bykos

Groen-5311Blomkoolpuree met groenbone en rissiebotter

Hoofgereg

Groen-5313Lamsboud met feta-spinasie-en-gruyère-vulsel

Nagereg

Groen-5303Trifle met Oreo’s, karamel en donkersjokolade