1. Trek nader die beskuit en koffie

sr1308 woondecor (3)

Dié kombuis is om oud en nuut beplan. Hartsgoed soos ’n bal-en-klou eetkamerstel, ou emaljewareen hoëglans-kombuiskaste (vanEasy Life Kitchens) vul mekaarperfek aan. Die ou koskaste is diefokus van die lekker kuierkombuis.’n Gunsteling-kleur is gekies vir diemoderne kaste, en die eetkamerstelis met glansverf gespuit om daarbyte pas. Die houtvloer (geïnstalleerdeur Oggie) is prakties en dra by tot’n plaaskombuis-gevoel. Nêrens isteëls gebruik nie, selfs die spatbordagter die stoof en wasbakke isvan vlekvrye staal. Die mure isgeverf met Earthcote Limestone,kleur Spookasem. Die hortjies(van Plantation Shutters) voordie metaaldeure pas by die skoonlyne van die kombuis.

sr1308 woondecor (4)

Die kombuis lei na die formele eetkamer, wat ook met oud en nuut gemeubileer is. Soortgelyke kandelare is by Mud Studio beskikbaar.

Wenk: Maak ou meubels nuut deur dit by ’n paneelklopper te laat spuitverf

sr1308 woondecor (5)

In die spens, wat langs die kombuis is, is oop rakke gebruik sodat alles met die eerste oogopslag sigbaar is.

2. Kuier hier soos konings

sr1308 woondecor (8)Hier is die kombuis deel van die woonruimte en die afwerking is deurgaans van goeie gehalte. Die kwartsmengselwerkvlakis van Caesarstone. Diehoëglans-kaste se deure maak net met ’n druk-aksie oop – dieskarniere is uit Blum se Tip-On-reeks. Die kombuisvloer isbedek met groot wit teëls, terwyldie oorspronklike houtvloer indie res van die vertrek donker2gebeits is. Die swart metaaltafel isvan die ontwerper Gregor Jenkinen pas by die gegote werk van diekroonkandelaar. Die binne-ontwerpen projekbestuur is deur NicoAlberts gedoen.

3. Ons braai sommer binne

sr1308 woondecor (1)Die onthaalvertrek is slim ingerig met ’n binnebraai en ’n klein funksionele kombuis daarby. Die kaste het skuifdeure met mat- sowel as ’n glansafwerking. Die agterkant van die oop glasrakke is met mosaïekteëls bedek en die sementvloer is met ’n seëllaag afgewerk. Die geskropte houttafel en die blinkwit stoele herhaal die kontrasterende glans-en-mat van die kombuiskaste se afwerking.

Wenk: As jy glasrakke installeer, moet die glas minstens 6 mm dik wees.

4. Almal eet lekker saam

sr1308 woondecor (7)

Kleur is oral welkom! Geel en skakerings van grysblou is in dié kombuis gebruik. Die ongelyke rakke vorm ’n fokuspunt en is ’n uitstalplek vir boeke en mooigoed. Die mikrogolfoond pas netjies in sy eie rak. Die werkvlak (van Samsung Radianz) se rand is teen 45° afgevlak om dit die voorkoms van ’n dun blad te gee, en die spatborde is van glas. Die blokkiesvloer het die eienaars tweedehands gekoop en toe laat installeer deur Super Floors. Die hout is gebeits met Markant, in die kleur Papyrus, voordat dit met ’n Lobavloerproduk geseël is.

sr1308 woondecor (6)

Wenk: Muurkaste en ooprakke in ’n kombuisis prakties én mooi

5. Skuif rond

sr1308 woondecor (2)

Dié piepklein kombuis werk danksy ’n slim plan: kombuiskassies op wiele. Die kookvlak, met sy gasbottel binne-in die kassie daaronder, kan op die balkon uitgestoot word as die huisbaas die dag in die buitelug wil kook! Die klein yskas is ook in ’n kas versteek. Die muurspasie is goed benut met die afdroograk wat daarteen vasgesit is. Net die stukkie muur om die kraan is geteël, en verder herhaal wasbare muurpapier kleur. Soortgelyke drabare wasbakke is te koop by Entrepo.

Wenk: Versteek toerusting soos wasmasjiene, yskaste en skottelgoedmasjiene agter kasdeure.