Uit 56 hoopvolles wat elke twee jaar om dié gesogte titel meeding, is daar slegs 2 ander wêreldstede, Dublin in Ierland en Bilbao in Spanje, wat saam in die wedloop is.

Verlede jaar was Seoel in Suid-Korea die wenner en die 2012-wenner is die Finse stad Helsinki. Die stad Kaapstad in samewerking met die Kaapstadse Vennootskap (wat die bod opgestel het) sal binnekort die hoofbeoordelaars in die stad ontvang, en die 2014-wenner word op 26 Oktober 2011 aangekondig.

Die titel word deur die internasionale raad van industri?le-ontwerp-genootskappe (ICSID) toegeken aan 'n stad wat ontwerp gebruik vir sosiale, kulturele en ekonomiese ontwikkeling.

Volgens die besturende direkteur van die Kaapstadse Vennootskap, Bulelwa Makalima-Ngewana, sal dié titel Kaapstad vir 'n hele jaar lank in die wêreldkollig plaas en is Kapenaars, asook alle Suid-Afrikaners se steun nodig. Gaan na www.capetown2014.co.za en wys jou steun vir die Moederstad.