Skep sommer met die intrapslag  ’n Kers-atmosfeer.

1. Versier die voorportaal

Maak ’n eenvoudige krans vir die muur deur vars siprestakkies met bloemistedraad aan ’n draadring vas te bind. Hang dit saam met ’n paar sterre aan rooi linte teen die muur. Sit ’n tafel of laaikassie teen die muur en gebruik dit as uitstalplek. Pak hier alles uit wat soos Kersfees lyk en wat jy nie op die Kerstafel gebruik of aan die boom gehang het nie. Dis ’n feestelike verwelkoming vir almal wat by jou voordeur inkom.

SARIE SARIEKERSFEES7 FOTO Henk Hattingh

2. Maak mini-Kersboompies

Gebruik blare uit jou tuin en steek dit met kort spelde aan ’n polistireenkeël vas. Plaas ’n ster bo-op. Jy kan ook ’n keël uit karton draai en blare met ’n gomgeweer daaraan vasplak.

SARIE SARIEKERSFEES9 FOTO Henk Hattingh

Lees nou

Vyf dae voor Kersfees

5 wenke vir ’n vensterbank-tuintjie

Seisoen se see-trend