Die nuwe tendens is skoon lyne en groottes en vorms wat by jóú behoeftes pas. Daar is wasbakke met ingeboude seeprakkies, of sit twee in as jou badkamer groot genoeg is of swaar verkeer dra. Deca, bekend vir gehalte en stylvolle badkamer-toebehore, het meer as 100 verskillende style wasbakke waaruit jy kan kies. Ook nuut in hul reeks is stortkoppe wat teen die muur of plafon gemonteer kan word. Vir meer inligting, besoek www.deca.co.za of skakel 021 448 7420.