Vonds van DIE MAAND
’n Bokkieblad en -pote in jou huis is prakties en veelsydig. Gooi dit toe, verf dit, versier dit!

’n Bokkieblad en -pote (R499) word  nou as ’n stel by Builders Warehouse verkoop.
Die blad (sowat 1,8 m lank) se bokant is in tong en groef afgewerk en het stutplanke aan die onderkant sodat die pote nie rondgly nie. Saam met sy pote is die bokkietafel standaard-hoogte. Ons het ’n  deursigtige tafeldoek (R299,99) van Mr Price Home bo-oor gegooi, sodat die silhoeët van die tafel nog  sigbaar is.

Mr Price Home se los oortreksels (R129,99 elk) pas oor die meeste standaard-grootte eetkamerstoele, en ou stoele is sommer  dadelik meer kontemporêr. Die helder  kussing op die stoel (R180 elk) is van Woolworths, die rottangmandjie  (R210) van Home and Interiors, die diep bord (R7,99) van Mr Price Home, die glas  (R35) van Poetry en die hasie (R129) van Wetherlys. Goue mandjie, voëltjie en messegoed, stilis se eie. Die muur is geverf met Plascon Rich Gold. Sien verfwenk by Kuiertafel.

Wenk
Maak ’n eenvoudige kruis van doringtakke. Trek tuinhandskoene aan en knip die skerp punte van
die dorings met ’n snoeiskêr af. Bind die twee takke met ’n roesrooi lint vas. Draai nou growwe tou om die onderkant van die stoel-oortreksel vir ’n bietjie ekstra detail. Sien Kreatief-energiek om die sitplek-kaartjies te maak.

Woonidees-sessie April 2009

 
Kreatief- ENERGIEK

Kreatief- ENERGIEK (foto 1)
Soek mooi prente en veertjies om
klein “kunswerkies” oor die Paasnaweek
te maak. ’n Bokkietafel is ideaal hiervoor.


Gesinstyd SAAM
Gesinstyd SAAM (foto 2)
Betrek die hele gesin (Pa ook)
om skeppend te raak. Verf strepe op
die tafelblad en gebruik dit onder meer as
’n stokperdjietafel, wat maklik
kan opslaan en weggepak word as
die projek klaar is.
KUIERTAFEL
(foto 3)
Skuif jou bokkietafel nader en
los die probleem van ’n te beknopte
tafel op.
Fees-ATMOSFEER
Fees-ATMOSFEER (foto 4)
Gebruik die bokkietafel in jou voorportaal en
maak ’n mooi tafellandskap met items
wat Paasfees simboliseer.
Klik hier vir nog selfmaak-wenke