... ’n vrolike lentegevoel skep! ’n Lint is nie net vir jou hare of om ’n pakkie te laat mooi lyk nie. Hier is nog planne:

1. Verf ’n tak wit en hang mooi kleurvolle linte daaroor. Hang tussenin klein flessies of botteltjies met ’n enkele blom of takkie in. Die meeste materiaal- en stokperdjiewinkels hou linte aan, of jy kan aanlyn koop by Ebony & Ivory Ribbons.

pink, ribbons, decor, home FOTO Ryno

2. As jy weer ’n koek bak, bind ’n mooi lint of stuk kant daarom, en pleks van botterversiersel bo-op, plaas ’n stensil op die koek en sif versiersuiker daaroor.

sr0605dekor01.tif FOTO Inge Prins

3. ’n Vaal lampskerm kry splinternuwe lewe as jy met ’n gomstiffie lint daarop vasplak.

pink, ribbons, decor, home FOTO Ryno

4. Rond ’n gordyn af deur ’n dubbelgevoude lint aan die borand vas te stik. Knoop dit deur die gordynringe vas.

sr1003dekor FOTO Ryno

5. ’n Eenvoudige bossie blomme lyk luuks en duur as jy die stele met ’n kleurryke lint toedraai en met ’n pêrelspeld vassteek.

sw0911blom (3) FOTO Ryno

Lees nou

5 tuinwenke vir lente

Maak só met ’n glasklok

Lente is hier! Laai die kalender vir September af