’n Ou hangkas (by ’n tweedehandswinkel gekoop) kan op baie maniere ingespan word. Maak ’n drankkabinet, ’n linnekas of selfs ’n mini-bibilioteek daarvan.

1. Klink ’n glasie

As die kas ’n spieël het, haal dit uit en plak dit teen die rugkant van die kas, of laat sny een volgens maat. Dit gee die kas ’n voorkoms van ruimte en diepte. Pak jou mooi glase en kraffies hierin uit en bêre drankbottels wat moet lê in die laai.

kas1 FOTO Ryno

2Stoor jou linne

As jy nie ’n linnekas het nie, is so ’n ekstra kas ideaal. Vervang die spieël met ’n stuk materiaal en versier die rakke met ’n rakrandjie van dieselfde materiaal.

kas2 FOTO Ryno

3. Boekwurm

Sonder die laai en deur word dit ’n mini-biblioteek. Rangskik jou boeke volgens kleur, sommer vir die ekstra mooi.

kas3 FOTO Ryno

4. Nuut en veelsydig

Hierdie veeldoelige kas kan in enige vertrek van jou huis pas. Te koop by Block & Chisel (R19 495).

kas4 FOTO Block & Chisel

kas5 FOTO Block & Chisel

Lees nou

’n Stoel wat woel

Bly kalm met ligblou

Herwin plastiekbottels met blare