Nuwe kennis en inspirasie uit Wes-Afrika het gelei tot ’n besonderse mooi nuwe reeks Suid-Afrikaans geweefde produkte soos tafellopers, kussingoortreksels en dekens. Meesterwewer Stuart Holding van Mungo-wewery in Plettenbergbaai het gaan kers opsteek by Mali se tradisionele wewers.

In dié land word die weefkuns vandag nog soos in antieke tye beoefen, hoofsaaklik deur mans. Weefgetou (loom) word met die hand gemaak en lang smal stroke met patrone word geweef. Daarna word dit aanmekaargewerk tot groter doeke. Die vroue in Mali pluk katoen van die lande en spin dit in dun drade, waarna dit in groot kleipotte gekleur word. Blou spindrade word nog met regte indigo oor oop vure gekleur.

1. Hard aan die leer in Mali

Indigo-kleurpotte en ’n Mali-wewer

MungoMali FOTO Mungo

2. Nuwe kussingoortreksels (vanaf R495) en tafellopers (vanaf R580)

IMG_2617

3, 4 en 5. Nog Mungo-kussingoortreksels met Mali as inspirasie

IMG_2659 FOTO Mungo

IMG_2658 FOTO Mungo

IMG_2726 FOTO Mungo

Lees nou

Gee jou kaste nuwe lewe

Dekor-trend: Marmer

5 kits-dekorplanne