Welkomsgroet
Dié ou bal-en-klou-lessenaar is met bladsilwer (silver leaf) afgewerk om dit ’n blinknuwe voorkoms te gee. In ’n voorportaal is dit bêreplek vir pos en bosse sleutels.

Groen VINGERS Groen vingers
Vir ekstra uitstalruimte het ons ’n glasrak
laat sny wat bo-op die oopgetrekte laaie pas.
Die lessenaar staan trots sy plek vol in ’n
sitkamer, met ’n mooi tafellandskap daarop.
Onder glas Onder glas
Met min moeite kan jy jou lessenaar ’n vars voorkoms gee
met ’n interessante stuk  plakpapier onder ’n glasblad.
Mooimaak- plek Mooimaak-plek
In die slaapkamer word die lessenaar jou eie skatkis waar
siergoed uitgestal kan word. Jou fyn klere kom in die laaie.
Studeerhoekie Studeerhoekie
’n Moderne kantoorstoel en ’n plakker-kandelaar is nommerpas by jou lessenaar.
As jy nie keer nie, wil jy dalk heeldag net hier werk . . .