Die meeste groot afdelingswinkels verkoop miniatuur-sipresboompies. Draai die potte met mooi papier toe en bind 'n blink lint om. Versier ook met 'n blink ster en 'n bal of twee, en siedaar, jy het 'n prag-Kersboom wat jy ná die tyd in jou tuin kan uitplant.

En pleks van pakkies toedraai, spaar tyd met geskenksakke en bokse - dit kan boonop weer gebruik word. Versier dit ook met ekstra lint en sneespapier.