Skud jou vere reg

’n Ysbak en mooi onderborde is ’n goeie begin vir ’n partytjie. Jy sal verbaas weeswaarvoor jy hierdie items alles kan inspan. Gebruik jou yshouer ook as vaas of potplanthouer. Die onderbord word ’n mini-skinkbord.

Woonidees-sessie Julie 2009:
 
Onthaal ELEGANT

Onthaal elegant
Vier ’n spesiale verjaardag saam met jou familie en beste vriende.

Gee aan elkeen ’n klein aandenking  en skryf vir elke gas ’n spesiale
boodskap op mooi skryfpapier. Die ysbak hou die sjampanje
koud en die onderborde maak elke gedekte plek spesiaal.

Piekniek vir 2

Piekniek vir twee
Poets die kar blink en pak ’n stylvolle piekniek

vir twee. Pak die kos op onderborde uit,

skink drankies in mooi glase en

hou drinkgoed koud
in ’n elegante ysbak.

Suikertand- TAFEL

Suikertand-tafel
Ná ’n swaar maaltyd is so ’n lekkergoed-tafel
’n goeie idee. Plaas gevulde glasflesse op

’n onderbord of rangskikdie lekkers daarop.
Gebruik ook mooiglase as houers vir

die soet bederf.

Pienk PLESIER

Pienk plesier
’n Orgidee in ’n versilwerde bak maak ’n baie spesiale geskenk.

Op ’n onderbord verwelkom dit jou gaste, en ’n klassieke
stoel kry ’n nuwe gedaante deur die raam pienk te spuitverf en met

baldadige materiaal te stoffeer. Die stoel is oorgetrek in
Stupendious, kleur: Shocking (R920 p.m.) van Hertex Fabrics.

Besoek gerus www.hertexfabrics.co.za vir nog keuses. Die orgidee
en versilwerde ysbak is van NetFlorist (www.netflorist.co.za).