’n Agterplaas kan maklik die lelike eendjie van die huis word. Maak dit mooi en funksioneel, omskep dit in ’n speelplek en tuin of selfs ’n ekstra badkamer.

1. Die piepklein agterplaas is in ’n lowergroen lushof omskep met rankplante teen die grensmure - die bure se groot boom wat oorleun help ook - en naby die kombuis is plantbokse teen die muur gemonteer vir kruieplante. Afgevlakte sement is as vloer gegooi met ’n smal bedding rondom vir rankplante en struike.

agtrplaas1 FOTO Ryno

2. ’n Skoensak word ’n lekker kruietuin teen jou agterplaas- of balkonmuur. Onthou net om dit elke dag water te gee. Plaas die plantpotte waarin jy dit gekoop het in die individuele sakkies.

agterplaas2 FOTO Ryno

3. Installeer ’n stort in jou agterplaas. En plant welige rankplante daarom. Dis ’n koel lafenis op ’n warm dag.

agterplaas3 FOTO Ryno

4. Kies mooi houers om jou vetplante in te plant, soos hierdie glashouers.

agterplaas4 FOTO Ryno

5. Gebruik ’n afvalplankie en kap 3 spykers deur die hout, eweredig gespasieer. Druk vrugte of ’n saadbal daarop vas om voëls te lok.

agterplaas5 FOTO Ryno

Lees nou

5 goed om jou huis trendy te maak

Meubileer só jou eenkamerwoonstel

Pastelle is nie pieperig nie